legal - north gauteng high court decision 14 June 2010

If you are waiting for a licence, informing the CFR that you know of this court case might help.

http://www.legalbrief.co.za/article.php?story=20100615085359432

Police ordered to consider firearm licence application
Published in: Legalbrief Today
Date: Tue 15 June 2010
Category: In Court
Issue No: 2582


The North Gauteng High Court has ordered the police to consider the firearm licence application of a Middelburg man within 30 days.

According to a Beeld report, Henning Jacobus Kruger (56) argued that police have done nothing to consider his application submitted in January 2007.

Kruger had submitted his competence certificate and proof of a safe compliant with regulations at his home. He instructed his attorney to inquire about the status of his application in December 2009. The police informed Jaco Kruger, the attorney, that the application has not been touched since November 2008.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Lisensie-vir-wapen-of-nie-Besluit-hof-20100614

Lisensie vir wapen of nie? Besluit! ­ Hof 2010-06-14 22:14
Hilda Fourie

Die polisie moet binne 30 dae besluit of hulle 'n sakeman van Middelburg se vuurwapenlisensie gaan uitreik of nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het dít verlede week gelas nadat mnr. Henning Jacobus Kruger (56) aangevoer het die polisie het niks aan sy aansoek om 'n vuurwapenlisensie gedoen sedert hy dit in Januarie 2007 ingedien het nie.

Regter Joseph Raulinga het die nasionale polisiehoof en die bevelvoerder van die vuurwapenregister in Pretoria ­ teen wie die aansoek ingedien is beveel om binne 30 dae te besluit of Kruger 'n vuurwapen mag besit of nie.

As die respondente besluit Kruger mag nie 'n vuurwapen besit nie, moet hy van die besluit verwittig word binne sewe dae nadat dit geneem is.

Luidens Kruger se verklaring het hy in Januarie 2007 om 'n vuurwapenlisensie aansoek gedoen sodat hy onder meer kan jag.

Hy het die nodige bevoegdheidsertifikaat dat hy 'n vuurwapen kan gebruik. Die polisie het ook sy kluis geďnspekteer.

In Desember 2009 het Kruger mnr. Jaco Kruger, sy prokureur, beveel om uit te vind wat die stand van sake rakende sy vuurwapenlisensie is.

Mnr. Jaco Kruger, die prokureur, is meegedeel die aansoek is sedert November 2008 al voor die raad wat die aansoeke hanteer, maar het nog geen aandag ontvang nie.

Hy het weer in Januarie en Maart vanjaar oor die vuurwapenlisensie navraag gedoen, maar geen antwoord gekry nie.

"Dit is al drie jaar sedert ek aansoek om 'n vuurwapenlisensie gedoen het," lui mnr. Henning Jacobus Kruger se verklaring.

"Die respondente het nog geen besluit daaroor geneem of aandag daaraan gegee nie. Hulle het ook nog nie enige rede gegee hoekom my aansoek nie gefinaliseer is nie."